Laas bygewerk: 15 November 2026
Ons gebruik geen koekies nie. Nie vir statistiek, advertensies of om te onthou wie jy is nie. Daarom wys ons ook nie 'n koekiebanier nie.
1. Wat koekies is
Koekies is klein lêertjies wat 'n webwerf op jou toestel stoor, gewoonlik om jou te herken of jou besoek te volg. Webwerwe kan ook soortgelyke inligting in jou blaaier se plaaslike berging ("local storage") bewaar.
2. Wat hierdie webwerf doen
- Ons stel geen koekies nie, ook nie "noodsaaklike" koekies nie.
- Ons gebruik geen analise-, statistiek-, advertensie- of sosiale-media-opsporing nie.
- Die waarskuwing voor jy stryklappies aflaai, verskyn elke keer. As jy daar "Moenie dit weer vir my wys nie" merk, onthou jou blaaier dit in sy plaaslike berging ("local storage") onder die naam
dapper-muis-lappies-risiko. Dit bevat net die datum van die voorwaardes wat jy aanvaar het, niks oor jou nie. Dit bly op jou toestel, word nooit na ons gestuur nie, en verval vanself as ons die voorwaardes verander. As jy dit nie merk nie, stoor ons niks. - Buiten dit skryf ons niks in jou blaaier se plaaslike berging of sessieberging nie.
3. Spotify se speler
Op die musiekbladsy kan jy "Speel hier" druk om 'n liedjie op die bladsy te speel. Eers dán laai Spotify se speler, en Spotify kan dan sy eie koekies op Spotify se domein stel. Dit is Spotify se koekies, nie ons s'n nie, en Spotify se koekiebeleid geld daarvoor. As jy nie "Speel hier" druk nie, laai niks van Spotify nie.
4. Jou keuses
Jy kan koekies en werfdata in jou blaaier se instellings blokkeer of uitvee. As jy ons werfdata uitvee, sien jy die waarskuwing by die stryklappies weer. Hierdie webwerf werk volledig sonder koekies; net Spotify se speler kan dalk nie speel as jy Spotify se koekies blokkeer nie.
5. Veranderinge
As ons ooit koekies byvoeg wat nie streng nodig is nie, vra ons eers jou toestemming en werk ons hierdie beleid by. Lees ook ons privaatheidsbeleid.
6. Kontak
Vrae? Stuur 'n DM op Instagram na @dapper.muis.